11 dae gelede
Bandiete ‘het hel in hul sel’
Singabakho Nxumalo  ~ Maryke Low

DAAR is gerugte dat die inmates van Medium B in die St. Albans Gevangenis buite die Baai op lockdown is.

Dit volg nadat ’n gevangene op 1 September dood is na bewering in ’n onderonsie met tronkbewaarders nadat hy een van die beamptes met ’n mes gesteek het.

’n Besorgde gevangene (34) het Son van hulle benarde situasie laat weet.

“Vandat die inmate in September vermoor is, is ons op lockdown hier in dié seksie. Ons het almal gesien hoe die inmate die mes teruggee en toe slaan die bewaarders hom met batons totdat hy dood is.

“Hulle sê dit was ’n scuffle tussen hulle, maar dis nie waar nie. Hulle het net vir hom gekom.”

Hy het verder beskryf: “Ons kan nie buitentoe gaan nie, kan nie oefen nie en mag nie altyd oproepe maak nie.

“Die mense raak gefrustreerd om heeltyd binne te bly. Van die inmates is mentally disturbed.

“Ek wil weet hoe ’n gevangene veronderstel is om gerehabiliteer te word as hy heeldag in ’n sel toegesluit word.

“Maar mense is bang om te praat, want netnou stuur hulle ouens vir jou.”

Onderonsie

Op 1 September het die oorlede inmate na bewering eerste aangeval, het Singaba­kho Nxumalo, ’n woordvoerder van korrektiewe dienste, gesê.

Daarna het ’n onderonsie tussen die inmate en die bewaarders gevolg en hy is dood.

“Die misdaadtoneel is afgesper sodat die SAPD ruimte kon hê om bewysstukke bymekaar te maak en die ondersoek te doen.

“Dit is ’n rampspoedige insident vir die departement van korrektiewe dienste omdat ons ’n paar maande gelede die nasionale taakspan na St. Albans ontplooi het om operasies daar te stabiliseer,” het Nxumalo verduidelik.

Hy het bygevoeg dat berading verskaf is. Die departement sal ook die tronk monitor om die situasie dringend te stabiliseer.

Nxumalo het gesê die bewerings van ’n lockdown is ongegrond.

“Die gevangenskap van gevangenes moet in menslike omstandighede wees en hulle moet met respek behandel word. Dit geld vir die fasiliteite wat beskikbaar gemaak moet word in ons korrektiewe sentrums.”

Nxumalo het verder gesê die beamptes mag slegs goedgekeurde sekuriteitstoerusting in tronke gebruik.

“Die dra van messe kan nooit toegelaat word nie omdat dit as verbode geklassifiseer is.

“Die veiligheid van gevangenes en beamptes in ons sentrums bly die staat se prioriteit.

“Die departement is gemaklik met die veranderings wat gemaak is om sekuriteit by St. Albans te verbeter.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters