13 dae gelede
Baba se lyk in drom gekry
 ~ 

’N VROU verskyn vandag op ’n moordklag in die landdroshof nadat die polisie afgekom het op die verbrande oorskot van ’n pasgebore baba in ’n vullisdrom in Kwa­Nobuhle.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê Vrydag omstreeks 09:00 het die polisie inligting ontvang van ’n moontlike babalyk in ’n vullisdrom in Ndululastraat in KwaNobuhle.

Volgens Nkohli is ’n polisievoertuig onmiddellik na die toneel gestuur.

Toe die polisie op die toneel aankom, was verskeie vullisdromme reeds opgeline vir collection omdat die munisipaliteit op dié dag die vullis verwyder.

Nkohli sê in een van die dromme het die polisie afgekom op die gedeeltelik verbrande oorskot van ’n pasgebore seun.

Skree

Die polisie het toe die 26-jarige vrou in hegtenis geneem op ’n moordklag.

Nkohli het verduidelik dat voorlopige inligting daarop dui dat ’n vrou Dinsdag­oggend die lewe geskenk het aan ’n seuntjie.

Volgens hom het ’n getuie ’n baba hoor skree en kort daarna gesien hoe iemand vuur in ’n yard maak.

Nkohli sê ’n paar dae later het die getuie vermoed die vrou het haar eie baba vermoor.

Volgens hom het die witness toe die inwoners daarvan laat weet.

Die polisie is toe kort hierna in kennis gestel.

Nkohli het verduidelik die verdagte is toe in hegtenis geneem.

Bygevoeg

Sy verskyn vandag in die KwaNobuhle-landdroshof.

Benewens moordklag, sê Nkohli, is daar ’n moontlikheid dat nog klagte tot die klagstaat bygevoeg kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters