3 maande gelede
Baaise couple wreed in huis vermoor
 ~ 

'N PAARTJIE is Maandag deur 'n vriend in hul huis in Bethelsdorp in Port Elizabeth gevind waar hulle wreed vermoor is.

Sonwabo Nguma (52) en Nomvuyo Nelson (56) is op die vloer van hul huis ontdek. 

'n Vriend het na die paartjie se huis in Emantshilibeni-straat gegaan, maar hulle het nie die deur oopgemaak nie.

Hy het besluit om die deur oop te trap en het die twee op die grond sien lê.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, 'n polisiewoordvoerder, sê Nguma was gedeeltelik verbrand.

"Sy hande en voete was vasgebind en hy het 'n oop wond teen sy kop gehad. Nelson was naak. Daar was ook verskeie oop wonde teen haar kop,” sê Van Rensburg.

Van Rensburg sê die polisie soek inligting oor wie vir hierdie "wrede en koue moord" verantwoordelik is. 

Enigeen met inligting kan hul misdaadlyn by 08600 10111 bel. 

Lt. Kol. Alan Stuurman, die ondersoekbeampte, kan ook by 071 608 1642 gebel word. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters