12 dae gelede
Baai kry dalk binnekort nuwe mayor
nelson mandelabaai
Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het dalk binnekort weer 'n nuwe mayor.  ~ 

DIS al byna 'n jaar wat Nelson Mandelabaai-munisipaliteit nie 'n eerste burger het nie, maar dit kan dalk binnekort verander.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het 'n vroeë hofbeslissing beklemtoon en die speaker van die raad, Buyelwa Mafaya, opdrag gegee om binne sewe dae 'n raadsvergadering te roep.

Mafaya het appel aangeteken teen die aanvanklike hofbeslissing.

Dit kom nadat die DA in Julie hofstukke by die hof ingedien het vir 'n dringende vergadering, vir die kies van 'n mayor.

Regter Irma Schoeman sê in haar uitspraak dat in haar mening is daar geen rede om te glo 'n hof sal tot 'n ander beslissing kom nie.

Die DA wie die metro aan die ANC moes afstaan is gretig om dit terug te wen.

Nqaba Bhanga, die party se burgemeesterskandidaat, sê die uitspraak bevestig die party se siening dat 'n mayor gekies moet word. 

Volgens Bhanga sal die DA altyd alles in hulle vermoë doen om die metro te red.

Die ANC wie voorheen een van hul koalisielede se burgemeesterskandidaat ondersteun het sê nou hulle sal hul eie kandidaat nomineer.

Volgens die ANC se streek-koördineerder, Luyolo Nqakula, respekteer hulle die uitkoms van die howe.

Intussen het verwikkelinge in Gauteng 'n deur van geleenthede vir die DA geopen om gesprekke met ander koalisie partye te hê.

In Johannesburg is die Patriotic Alliance nie meer deel van die ANC-beheer raad nie. In Tshwane het die ANC koukus 'n opdrag vermy en die geleentheid gemis om die EFF se burgemeesterskandidaat te ondersteun.

Bhanga sê oor die moontlikheid van koalisie ooreenkomste met ander partye sal hulle dit oorweeg om met enige party wie hul beginsels deel gesels.

Sedert die mosie van wantroue in Bobani neem die onderburgemeester, Tshonono Buyeye, as mayor waar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters