17 dae gelede
Arbeidsmark se rakke word leër
Nqaba Bhanga  ~ 

DIE marginale styging in werkloosheidsyfers in die Oos-Kaap vir die eerste kwartaal van 2020 is ’n kommerwekkende teken van wat nog voorlê.

So sê Bobby Stevenson, die DA se leier in die Oos-Kaapse wetgewer.

Hy sê die eintlike slagting gaan kom in die tweede kwartaal, wanneer die werklike impak van die lockdown in reaksie op Covid-19 rugbaar gaan begin word.

Stevenson sê die feit dat die Oos-Kaap ’n aanhoudende styging in werkloosheid beleef, was te wagte.

Hy sê die groeiende humanitêre krisis beteken meer as die helfte van die werkende bevolking in die landelike gebiede van die provinsie was werkloos nog voordat die lockdown geïmplementeer is.

Hy sê dit highlight die nypende swaarkry waardeur families in dié tyd gaan terwyl hulle sukkel om te oorleef.

Stevenson sê die munisipaliteite moet betroubare basiese dienste verskaf sodat sakeondernemings kan operate. Volgens hom benodig die provinsie betroubare elektrisiteits- en watervoorsiening en pad-infrastruktuur.

Hy sê dit highlight ook die dringendheid om die lockdown te lig, maar met die nodige veiligheidsmaatreëls in plek.

Hy sy die ekonomie moet aan die gang kom as lewens en livelihoods gered wil word.

Mongameli Bobani, UDM-leier in die Oos-Kaap, sê sy party stem saam dat die ekonomie weens die Covid-19 krimp, wat daartoe lei dat baie mense hul job verloor en gevolglik is daar ’n toename in werkloosheid.

Hy sê die party glo as almal saamwerk, kan hierdie ernstige situasie oorkom word. Die party glo dié periode sal verbygaan.

Volgens hom moet die regering nou seker maak hy deal streng met korrupsie. Hy sê alle staatsgeld moet nou geherlei word om hierdie krisis te hanteer en meer mense jobs te gee.

Volgens Bobani moet die regering ook nouer met die privaat sektor saamwerk sodat meer mense hul job kan behou.

Marlon Daniels van die PA sê wat werkverliese betref, was Covid-19 die laaste ding wat sukkelende besig­hede nodig gehad het.

Hartseer

Volgens hom is daar sakeondernemings wat steeds operate onder moeilike en uitdagende omstandighede, terwyl ander sukkel om kop bo water te hou.

Hy sy daar is ook sake­ondernemings wat reeds voor die lockdown gestruggle het. Daniels sê dit is inderdaad hartseer dat die Covid-19-lockdown die finale spyker in die doodskis was vir baie van dié sukkelende sakeondernemings.

Daniels sê die verlies aan jobs is iets buite hul beheer as dit inderdaad as gevolg is van die lockdown.

Hy sê daar moet ook gekyk word na hoekom besighede vou en maatskappye sluit – of dit is weens die lockdown of weens bestaande onderliggende sakeverwante finansiële issues voor lockdown.

Daniels sê ’n mens moenie vergeet nie dat die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) die hoogste werkloosheidsyfer van al die metro’s in die land het.

Hy sê dít maak ’n mens ook hartseer. Volgens hom het die PA altyd gesê “nothing stops a bullet like a job”, en die party sê dit steeds.

Hy sê werkverliese dra by tot maatskaplike euwels en voeg by: “Ons moet dinge sien vir wat dit is en nie vir wat ons wil hê dit moet wees nie.”

Hy sê jobs het ongelukkig verlore gegaan en maatskappye het gevou. Daar moet nou gekyk word na die verligtingsfondse wat in plek is.

Hy sê sakeondernemings is verligting vir drie maande aangebied in terme van onder meer die rates wat hulle moet betaal.

Jammerte

“Diegene wat agterstallig is, moet ons kom sien,” stel Daniels voor. Hy sê hy dink nie die job losses kan voor die deur van enige individu, party of die regering gelê word nie.

Hy sê dit is ’n jammerte dat dit is wat dit is.

Gift Ngqondi, die ANC se provinsiale woordvoerder, het teen gistermiddag laat nog nie op Son se navrae gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters