2 maande gelede
Apostel vas op klagte van mensehandel
a woman sitting on ground with arm around lower he
Kwesbare vroue is veral geteiken om seksueel aangerand te word.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

TWEE mense van die Oos-Kaap, waaronder 'n apostel, is die naweek op klagte van mensehandel gearresteer.

Luidens 'n verklaring is die 52-jarige apostel en sy 37-jarige vroulike medepligtige Saterdag gearresteer. 

Hul arrestasie kom nadat die Valke se eenheid teen georganiseerde misdaad in September verlede jaar klagte ontvang het.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê siek en arme vroue is na die kerk se sendinghuis geneem onder die voorwendsel dat hulle gehelp sou word. Daar is hulle egter seksueel aangerand.

Die ondersoek duur voort om ander lede van die beweerde sindikaat vas te trek.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters