2 maande gelede
Hof toe ná seksklagte
 ~ 

’N “APOSTEL” (52) en ’n vroulike volgeling verskyn vandag in die Zwelitsha-landdroshof in die Oos-Kaap.

Dít volg nadat die Valke hulle Saterdag in hegtenis geneem het.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê hulle het September verlede jaar klagte ontvang dat mense na bewering seksueel mishandel word.

Sendinghuis

In die daaropvolgende ondersoek is gevind dat arm en siek vroue na ’n kerk se sendinghuis geneem is waar daar glo vir hulle gesorg sou word.

Mogale sê die vroue is egter daar na bewering seksueel gemolesteer.

Die ondersoek is nog aan die gang omdat die beskuldigdes vermoedelik lede van ’n groter sindikaat is.

Die twee sal op klagte van mensehandel en seksuele mishandeling teregstaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters