14 dae gelede
Ander regter sê oor dié aansoek
Sinethemba Nenemba Foto: theo jeptha  ~ 

DIE lawyer van die moordbeskuldigde Thandoxolo Vumazonke (23) gaan ’n aansoek bring dat sy kliënt in die lig van getuienis voor die hof vrygespreek word.

Vumazonke staan saam met Sinethemba Nenemba (28), Fikile Mengo (20) en Mkhuseli Ngqanda (29) tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Hulle is aangekla van die moord op die 78-jarige Denise Marlene Webber in haar huis in Kabegapark in Augustus 2015.

Vumazonke se lawyer, Zolile­ Ngqeza, sê sy aansoek om die ontslag van Vumazonke is gebaseer op onwettige aanhouding.

Hy het aangevoer dat Vumazonke die betrokke Sondag in hegtenis geneem is, maar eers die Dinsdag die eerste keer in die hof verskyn het.

Hierop het regter Irma Schoeman gesê dat ’n ander regter eerder die aansoek van die beskuldigde moet aanhoor terwyl die verhoor nog aan die gang is.

Sy sê sy kan nie voor haar judgement ’n credible bevinding oor Vumazonke maak nie.

thandoxolo vumazonke
fikile mengo Foto’s: deon ferreira
Mkhuseli Ngqanda

Schoeman het toe vir Ngqeza tot vanoggend 08:30 kans gegee om ’n affidavit met betrekking tot die aansoek te file.

Volgens haar moet die staat se answering affidavit in dié verband teen 13:00 vandag gefile wees. Die verdediging se replying affidavit moet teen 16:00 dieselfde dag gefile wees.

Schoeman sê die aansoek sal dan môre om 09:30 voor ’n ander regter aangehoor word.

Die hof het Vumazonke se confession Dinsdag toelaatbaar bevind. Intussen het die regter ook gelas dat Mengo om veiligheidsredes vanaf die Noordeinde-gevangenis na die Humewood-polisieselle oorgeplaas word.

’n Aansoek hiervoor is eergistermiddag gebring.

Op 20 Augustus vanjaar is ’n aansoek gebring dat Mengo vanaf die St. Albans-gevangenis na die Noordeinde-gevangenis oorgeplaas word.

Die verhoor word Maandag hervat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters