2 maande gelede
ANC-man ‘soek’ ná hy petisie nie ingee
Bongo NombibaFoto: SON  ~ 

’N LASBRIEF is uitgereik vir die arrestasie van Bongo Nombiba, ’n Baaise ANC-raadslid.

Hy is vroeër vanjaar aan bedrog en geldwassery skuldig bevind. Hy is gevonnis tot vyf jaar tronkstraf.

Sy verlof tot appèl is tóé deur die regter-president in die Grahamstad-hooggeregshof van die hand gewys.

Borgtog

Hy het tot Vrydag kans gehad om ’n petisie by die hoofregter in te dien om sy appèl aan te hoor, maar het dit nie gedoen nie.

Nombiba se borgtog is verleng, hangende die uitslag van die petisie. Gevolglik, toe sy petisie nie betyds ingehandig is nie, is sy borgtog teruggetrek.

Nombiba is die ANC-raadslid in wyk 20. Hy is in April tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog en geldwassery waarby R20 000 betrokke was.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters