2 maande gelede
ANC kom in rat vir die jaar
sameroeper: Nceba Faku aan die woord.Foto: theo jeptha  ~ 

DIE ANC se pas aangestelde taakspan in die Nelson Mandelabaai-metro is gereed vir die nuwe jaar en die komende verkiesings.

Lede van dié taakspan het gister op ’n media-konferensie uitgewei oor hul gereedheid vir die nuwe jaar en wat hulle beplan vir Baaienaars.

Die sameroeper van die taakspan, Nceba Faku, sê: “Dis ’n nuwe jaar en die ANC in die streek is verbind daartoe om hard te werk om ekonomiese en maatskaplike vooruitgang te bevorder.

“In Oktober het ’n ge­spanne atmosfeer geheers onder lede van die ANC se voormalige uitvoerende streekkomitee (USK) in die Baai.

“Dit is omdat dit deur die provinsiale uitvoerende komitee­ (PUK) ontbind is.

Aangestel

“Dié het aangevoer dat die USK se wanfunksionering en swak prestasie ’n bedreiging vir die organisasie is.

“Dis waarom die PUK ’n streektaakspan in sy plek aangestel het.

“Die doel van die taakspan is onder meer om saam met die ANC in die komende verkiesings te werk.”

Faku verduidelik dat die taakspan saamgestel is uit manlike en vroulike lede van verskeie generasies.

Hy sê ál die lede streef daarna om same­horigheid onder­ mekaar te skep en om te ver­seker dat volgens die beginsels van die ANC gehandel sal word.

Faku sê: “Elke lid van die streektaakspan is oortuig daarvan dat hy en sy deur harde werk die vertroue van die inwoners van die Metro sal herwin.

“Ons sal die doeltreffendheid van ons werk op voetsool­vlak toets deur kiesersregistrasieprogramme, tussenverkiesings en die nasionale verkiesings.”

Die streektaakspan wil jong mense vanjaar die fokus van sy werk maak.

Hy wil ver­seker dat jong mense, vroue en lede van die LGBTI-gemeenskap hul vertroue in die ANC herwin.

Dít wil hy regkry met programme wat hy beoog om oor die Metro heen aan te bied.

Die streektaakspan wil ook verseker dat jong mense en vroue geleenthede gebied word deur programme soos Mega Projects, The Refinery Project, Phakisa en BAIC.

Hy wil die privaat sektor by dié projekte betrek vir werkskepping.

Beurse

Faku-hulle het die Oos-Kaapse matrikulante geluk gewens met die slaagsyfer wat 70% oorskry het.

Hulle doen ’n beroep op vanjaar se matrieks om net so hard te werk en vra dat belanghebbendes in die privaat sektor hulle beurse en opleiding sal bied.

Die ANC het ook gister sy 107de bestaansjaar gevier.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters