6 maande gelede
Ambulanse staan oor skuld
STAKING: Ambulansdienste in ’n paar Oos-Kaapse munisipaliteite het Vrydag oor geld tot stilstand gekom.  ~ Son

DIE staat se ambulansdienste het Vrydag in Nelson Mandelabaai, Buffalo City en die Amathole-distrik tot stilstand gekom.

Dis gestaak weens maande se dispute oor die betaling van oortydgeld en ander voordele wat die werkers glo die provinsiale departement van gesondheid hulle skuld.

Siyanda Manana sê nooddienswerkers wat aan die staking deelgeneem het, het nie noodoproepe geantwoord of pasiënte na gesondheidsinstansies geneem nie.

Genader

Die provinsiale woordvoerder oor gesondheidsake sê voorts die departement van gesondheid het die provin­siale tesourie genader om te verseker dat die betalings vandag gemaak word.

“Intussen het ons die dienste van private ambulanse ingekry om te verseker dat kritieke pasiënte steeds behandeling kry.

“Lede van die publiek wat dringend mediese hulp nodig het, word versoek om die departement se tolvrye nommer by 0800 032 364 te bel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters