5 maande gelede
KYK: Agtjarige seun vermis
missing boy, port elizabeth
Die polisie is nog opsoek na die agtjarige Recolin Keagan Witbooi.  ~ foto verskaf

DIE polisie is opsoek na 'n agtjarige seun wat die afgelope naweek in Port Elizabeth vermis geraak het.

Recolin Keagan Witbooi van Barcelona in Gelvandale is Saterdag  laas om 13:30 gesien toe hy met sy vriende in Uranus-straat, nie ver van sy huis, gespeel het.

Hy is laas met 'n swart kappietop, swart swartpakbroek en 'n paar wit Nike-tekkies  gesien.

In 'n ander voorval het die vyfjarige Limanye Ngema ook Saterdagmiddag in Mdantsane in die Oos-Kaap verdwyn.

Hierdie seuntjie het ook glo net ‘n paar huise weg van sy huis af gespeel.

Daar word verstaan dat hy oppad huis toe was om te gaan eet, maar nooit daar uitgekom het nie.

Kapt. Nkosikho Mzuku ‘n polisiewoordvoerder, sê hulle het regdeur die nag na die kind gesoek. 

Die seuntjie is Sondag  ongedeerd gevind en met sy ma herenig.

Hy is in dieselfde woonbuurt by ‘n huis van‘n bekommerde inwoner gevind. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters