6 maande gelede
Agreement kom dalk in rape-saak
victim:’n Elfjarige meisie is verkrag. Foto: daily sun  ~ 

’N MAN wat na bewering ’n 11-jarige meisie verkrag het, sal moontlik binnekort ’n pleit­ooreenkoms met die staat aangaan.

Christo Petrus (41) van Gerald­ Smith in Uitenhage staan tereg op klagte van ontvoering, verkragting en aanranding.

Luidens die klagstaat het die ma van die meisie die kind op 25 Maart 2017 na haar antie se huis gestuur.

Sy het die beskuldigde raakgeloop en hom meegedeel sy is op pad huis toe.

Gevang

Hy het die meisie glo teen haar wil saam met hom geneem en haar gedwing tot by ’n taverne, waar hy drank gekoop het.

Hy het haar gevang toe sy probeer vlug het.

Die beskuldigde het die meisie na bewering na ’n beboste gebied geneem.

Daar het hy haar glo gedwing om die alkohol wat hy gekoop het, te drink.

Kort daarna het die beskuldigde die meisie se klere glo uitgetrek en haar verkrag.

Dood

Die beskuldigde het glo aan die meisie gesê om nie die voorval aan te meld nie.

Hy het haar na bewering met die dood gedreig.

Ná die voorval het die beskuldigde hom aangetrek en glo aan die meisie gesê om weg te stap.

Luidens die klagstaat is die meisie toe na haar antie se huis, terwyl die beskuldigde ’n ander rigting ingeslaan het.

Die meisie is toe na ’n maatjie se huis en het haar gevra om haar ma te bel.

Toe die meisie tuis opgedaag het, het sy oor die verkragting uitgepak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters