9 maande gelede
‘After tears’ gaan ondersoek word
genL.maj. Dawie Rabie Foto: son  ~ 

DIE polisie in die Baai het ’n volledige ondersoek begin na die “after tears”- begrafnispraktyk waardeur die lewe van gangsters wat geval het, gevier word.

Dít is nadat die 11-jarige Mbasa Dlamini die afgelope naweek doodgeskiet is ná die begrafnisdiens van ’n vermoorde vermeende gangster in ’n Baaise township.

Mbasa was Saterdagmiddag by die begrafnisviering van die 28-jarige Siyamthanda Ndema. Dié is vroeër die maand in ’n tavern vermoor.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die begrafnis het Saterdagoggend in Makhubalostraat in KwaZa­khele begin en net voor 13:30 by die begraafplaas in Motherwell geëindig.

Begrafnisgangers het daarna na Makhubalostraat teruggekeer, waar verskeie mense, onder andere Dlamini, byeengekom het om die “after ­tears”-­­viering te kyk.

In dié vieringe word daar onwettig met karre in die strate gespin en skote afgevuur.

Genl.maj. Dawie Rabie, klusterbevelvoerder van die polisie, het gesê mense hardloop nie weg wanneer skote in dié viering afgevuur word nie en so is Mbasa in die proses doodgeskiet. Rabie het nou ’n volledige ondersoek na die praktyk gelas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters