9 dae gelede
Aanklaer voor vir bedrog
'n Senior staatsaanklaer van Oos-Londen is van korrupsie en regsverydeling aangekla.  ~ Foto Verskaf

'N SENIOR staatsaanklaer van Oos-Londen staan nou self in die beskuldigdebank nadat hy na bewering omkoopgeld aanvaar het om dockets te laat verdwyn.

Die 50-jarige aanklaer staan tereg op klagte van korrupsie en regsverydeling.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Maandag in hegtenis geneem.

Kinana sê die teenkorrupsie-eenheid het in 2016 inligting ontvang dat dockets in die Oos-Londense landdroshof verdwyn.

Die bewering is dat die aanklaer 'n persoon, wat van dronkbestuur aangekla is, gevra het om R20 000 aan hom te betaal vir die docket om te verdwyn. Dit het wel verdwyn, maar die polisie kon dit weer opbou. 

Kinana sê die aanklaer het die slagoffer na bewering oorreed om nog R5 000 te betaal sodat die nuwe docket ook kan verdwyn.

Hy is uiteindelik ná 'n ondersoek, wat in 2019 begin het, opgespoor en gearresteer nadat hy aanvanklik arrestasie ontduik het.  - Algoa FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters