3 jaar gelede
‘RAPIST SE SAAK SKOP AF
BESKULDIGDE: Liam Jones het na bewering ’n vyfjarige meisie verkrag. Foto: CHARLES PULLEN

’N VERMEENDE kinderverkragter se saak van verkragting het gister in die Baaise hooggeregshof begin.

Twee klagte van rape en ’n klag van menseroof staar Liam Jones (35) van Windvogel in die Baai in die gesig.

Luidens die klagstaat het die slagoffer (toe vyf jaar oud) op 29 Julie 2013 voor haar woning in Windvogel gestaan.

Die beskuldigde het haar gesien en haar gevra om saam met hom te gaan.

Voordat die meisie kon antwoord, het die beskuldigde haar gegryp, oor sy skouer gegooi en weggedra.

Die meisie wou terug huis toe gaan, maar die beskuldigde het haar toe glo na ’n oop veld geneem.

By die veld het die beskuldigde die meisie se klere uitgetrek en haar na bewering verkrag.

In daardie stadium het die meisie se familie reeds na haar begin soek.

Hulle het die beskuldigde toe op heter daad betrap terwyl hy besig was om seks met die meisie te hê.

Die meisie het gehuil en geskreeu. Die beskuldigde het toe van die toneel af weggehardloop.

Hy is later die aand by sy woning in hegtenis geneem.

Luidens die klagstaat versoek die direkteur van openbare vervolging ingevolge artikel 51 (1) van die Strafproseswysigingswet, Wet 105 van 1997 – in die geval van skuldigbevinding – ’n minimum vonnis van lewenslange tronkstraf omdat die meisie ten tyde van die voorval onder die ouderdom van 16 jaar was.

Jones pleit onskuldig op die klagte van rape en menseroof.

Die beskuldigde pleit voorts ook onskuldig op nog ’n klag van rape waarby ’n volwasse vrou betrokke was.

Luidens hofstukke was die volwasse vrou op 29 Januarie 2011 alleen by haar woning.

Die beskuldigde het by haar slaapkamer ingegaan en haar glo versoek om met hom seks te hê.

Die vrou het geweier en die beskuldigde versoek om te loop.

Die beskuldigde het die vrou na bewering vasgegryp en teen haar sin seks met haar gehad.

Die vrou het gegil, haar teëgesit en in die proses van die bed afgeval.

Die beskuldigde het haar glo in ’n stadium met die vuis in die gesig geslaan.

Die vrou het toe as gevolg van die voorval ’n asma-aanval gekry.

Haar aanvaller het haar egter toegelaat om water te drink voordat hy weer met haar seks gehad het.

Die vrou het deurentyd gegil en die beskuldigde versoek om te stop.

Hy het egter die huis verlaat ná ’n gesprek oor sy liefde vir haar en MXit.

Die vermeende boosdoener het egter teruggekeer en haar gekonfronteer oor sy ’n verkeerde telefoonnommer aan hom gegee het.

Hy het die huis verlaat toe die vrou se ma teruggekeer het.

Die beskuldigde is op 1 Februarie in hegtenis geneem nadat sy pa hom na die polisiestasie vergesel het.

Hy bly in aanhouding.

Gerrit Cilliers verskyn vir die beskuldigde.

Adv. Mbulelo Nyedwana kla aan.

Die saak dien voor regter Nomawabo Msizi.

Die saak word vandag hervat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters