3 jaar gelede
OUMA TE SIEK OM TE GETUIG
 ~ 

DIE saak waarin Liam Jones van Windvogel in die Baai teregstaan op die verkragting van ’n minderjarige meisie, kon gister nie hervat word nie.

Dis omdat die meisie se ouma, wat reeds sedert ver­lede week in die getuiebank is, Maandag gekla het van hoofpyn.

Die verhoor in die Baaise hooggeregshof is toe ’n paar minute vroeër verdaag.

Sy was gedurende haar getuienis en onder kruisondervraging ook baie emosioneel.

Die ouma se bloeddruk was gister glo te hoog. Son verneem sy is na die Livingstone-hospitaal geneem.

Jones, wat in aanhouding is, het die meisie na bewering op 29 Julie 2013 verkrag. Hy pleit onskuldig op aanklagte van rape en menseroof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters