Verlede maand
7de ou vas vir cop-moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Sewende verdagte het in verband met die moord op 'n polisieman in die hof verskyn.  ~ Foto ter Illustrasie

’N SEWENDE verdagte het gister in die landdroshof in Mthatha verskyn in verband met die moord op ’n polisie­beampte.

Konst. Lonwabo Soga is op 3 Desember laas jaar in Koffiebaai vermoor.

Die Valke het Vrydag nog ’n deurbraak in die saak gemaak toe ’n 30-jarige man in Mqanduli gearresteer is.

Kapt. Anelisa Ngcakani, ’n woordvoerder van die Valke, sê al sewe verdagtes face klagte van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Die eerste vier verdagtes – Afika Bavu (21), Afikile Nabo (27), Xhantilomzi Ntshinga (27) en Lubabalo Hlomendlini (37) – is net drie dae ná die moord op Soga gearresteer.

Die vyfde verdagte, Anela Pencil (31), is op 11 Desember in ’n hospitaal in Elliotdale gevang. Een van sy medebe­skuldigdes het hom glo ná die roof en moord in ’n stryery gesteek.

Die sesde verdagte, Bonginkosi Ndevu (27), is op 15 Januarie in Qunu gearresteer.

In die arrestasie van die eerste vier verdagtes het die polisie beslag gelê op ammunisie en ses vuurwapens, waarvan een Soga se dienspistool was.

Bestuurdersitplek

’n Spul polisie-toerusting soos handcuffs, ’n reflector jacket en ’n handradio is ook in hulle besit gevind.

Soga is doodgeskiet toe hy en sy kollega konst. Siya­bonga Nani (43) na ’n toneel uitgeroep is.

’n Groep mans in ’n double cab-bakkie wat gemaak het asof hulle die polisie se hulp nodig het, het hulle toe ge­nader.

Twee mans het na Soga, wat in die bestuurdersitplek was, gegaan, terwyl nog twee na Nani se kant van die bakkie gegaan het.

Een van die verdagtes by die passasierskant het toe ’n vuurwapen uitgepluk en Soga geskiet.

Hy is op die toneel dood.

Die rowers het Nani beveel om Soga se liggaam te skuif na die agterkant van die staatsvoertuig.

Daarna is Nani gedwing om ook aan die agterkant in te klim. Die verdagtes het toe met die polisievoertuig na ’n nabygeleë winkel gery.

Verlate

Hulle het die security guard gedwing om die hek oop te maak. Hulle het R3 000, drank en tabak geëis.

Die verdagtes het toe in die winkeleienaar se Nissan Navara gevlug. Die Navara is later verlate op die pad na Mqanduli gevind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters