17 dae gelede
53 vas wat regulasies oortree
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Altesaam 53 arrestasies is tussen Donderdag en Saterdag uitgevoer.  ~ Foto ter illustrasie

MEER as 50 mense is sedert Donderdag in die Nelson Mandelabaai in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël en drankgebruik in openbare ruimtes.

John Best, maycolid van veiligheid en sekuriteit, sê die arrestasies volg op metro cops en verkeersbeamptes wat tussen Donderdag en Saterdag 26 padblokkades regoor die metro opgerig het.

Altesaam  2 450 voertuie - waarvan 45 taxi's was - is gestop en 693 boetes is uitgereik.

Volgens Best is 30 van die 53 arrestasies mense wat na 21:00 buite hul woonplekke was. Die res was mense wat drank in openbare ruimtes gebruik het.

Best sê hulle is ook verheug inwoners het die regulasies oor die sluiting van strande nagekom. Geen arrestasies is hiervoor gemaak nie.

“Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit bly versigtig optimisties dat hierdie tendens sal voortduur,” aldus Best. - AlgoaFm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters