4 maande gelede
3 vas ná kaart-klonery
fototerillustrasie  ~ 

DRIE mans is gearresteer nadat ’n vrou se bankkaarte by ’n ATM geclone is.

Die voorval het Dinsdagoggend by die Nahoon-winkelsentrum in Oos-Londen gebeur.

Kapt. Mluleki Mbi, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die drie verdagtes en die voertuie wat hulle in die voorval gebruik het, is duidelik sigbaar op die CCTV footage.

Nadat die polisie van die voorval laat weet is, het die polisie se onderskeie intelligensie-eenhede dadelik inligting opgevolg. Dit het die polisie gelei na ’n winkelsentrum in NU6 in Mdantsane.

Die polisie het die verdagtes daar gesien.

“Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle uit die voertuie gespring en probeer weghardloop.”

Die verdagtes was egter nie vinnig genoeg nie en is gearresteer.

Daar is beslag gelê op die twee huurmotors wat gebruik is.

Verskyn

’n Aantal bankkaarte is ook gekonfiskeer.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 33 en 35. Hulle het gister in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte van bedrog.

Brig. Phumla Mdlankomo, bevelvoerder by die Cambridge-polisiestasie, glo dié arrestasie het die ruggraat gebreek van ’n sindikaat wat daar operate.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters