Verlede maand
2 voor oor moord op vrou
 ~ 

TWEE verdagtes van Vereeniging in die Vaaldriehoek het gister in the Graaff-Reinet-landdroshof verskyn in verband met die moord op Anette Jooste van Eeden.

Jooste van Eeden (59) se lyk is verlede maand langs die N9 buite Graaff-Reinet aangetref.

Kapt. Bradley Rawlinson, ’n polisiewoordvoerder, sê die 48-jarige Chené Verwey en die 28-jarige Mandla Khumalo is Sondag in Vereeniging in hegtenis geneem.

Rawlinson sê AO André Pienaar en sy span van die polisie in Vereeniging het gehelp met die ondersoek en arrestasie.

Verwey en Khumalo is Graaff-Reinet toe gebring waar hulle vlugtig in die landdroshof verskyn het.

Die saak is tot 23 Julie uitgestel vir ’n formele borgtog-aansoek.

Die verdagtes bly in aanhouding.

Die moord op Jooste van Eeden moord was in Junie in die nuus toe cops gesukkel het om die lyk te identifiseer.

Rawlinson sê sy is uiteindelik via haar vingerafdrukke geïdentifiseer.

Jooste se laaste bekende adres is opgegee as in Ver­eeniging.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters