16 dae gelede
11 jong mans sterf by inisiasieskole
11 mans is sedert Desember by inisiasieskole in die Oos-Kaap dood.  ~ Foto ter illustrasie: Sifiso Jimta

ELF jong mans is sedert die begin van Desember by inisiasieskole in die Oos-Kaap dood, het Oscar Mabuyane, premier, gesê.

Hulle is aan 'n verskeidenheid komplikasies dood wat nie met Covid-19 verband hou nie.

'n Verdere 22 mans is in hospitale opgeneem weens ontwatering en besnydenisse wat skeefgeloop het.

Mabuyane sê dié sterftes moes voorkom gewees het. 

"Dit beteken duidelik daar is iets baie verkeerds wat die regering se aandag in samewerking met tradisionele leiers en ouers vereis," sê Mabuyane.

"Ons veroordeel enige verkeerde gedrag wat by inisiasieskole plaasvind."

Intussen is drie mans in hegtenis geneem vir die moorde van drie mans by 'n inisiasieskool in Tsomo. Die mans is Saterdag met koeëlwonde aan hul bolywe gevind.  – News 24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters