2 maande gelede
11-jarige skiet 7-jarige per ongeluk dood
Die jong kinders het die vuurwapen onder die bed gevind.  ~ Foto ter illustrasie

'N SEWEJARIGE seun van Libode in die Oos-Kaap is dood nadat 'n 11-jarige seun hom per ongeluk in die kop geskiet het.

Luidens 'n polisieverklaring het drie jong familielede Sondag om 10:40 saam in 'n huis in Siqikini gespeel. Een van hulle het 'n 9mm-pistool onder die bed gevind het.

"Terwyl een van die kinders, 'n 11-jarige seun, met die vuurwapen gepeuter het, het 'n skoot afgegaan wat Kwanele Zide noodlottig in die kop getref het," sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Die vuurwapen behoort glo aan Zide se 49-jarige oupa. Die oupa is gearresteer en word op 'n klag van die besit van 'n onwettige vuurwapen en ammunisie aangehou. Hy verskyn binnekort in die Libode-landdroshof. 

Genl. maj. Zithulele Dlada, waarnemende provinsiale kommissaris, het die nalatigheid ten sterkste veroordeel.

Dlada sê dit is hartseer wanneer geliefdes daagliks met vuurwapens vermoor word, maar hartseerder wanneer families die dood van kinders weens sulke ongelukke moet rou.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters