8 dae gelede
Zweli gou voor ANC se kommissie
Zweli Mkhize  ~ Daily Sun

ZWELI Mkhize, minister van gesondheid, verskyn binnekort voor die ANC se integriteitskommissie om vrae oor beweerde korrupsie te beantwoord.

George Mashamba, kommissievoorsitter, het Sondag bevestig Mkhize het 'n brief aan die kommissie gestuur waarin hy aandui dat hy gaan verskyn.

Mashamba sê die kommissie moet nog 'n datum reël vir Mkhize se verskyning.

Mkhize is onder druk om uit sy pos te bedank nadat hy betrek is by 'n onreëlmatige kontrak van R150 miljoen wat die departement aan Digital Vibes toegeken het.

Mkhize ontken hy het voordeel daaruit getrek.

Die spesiale ondersoekeenheid het laas week gesê hul ondersoek is in 'n gevorderde stadium. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters