10 dae gelede
Zuma was nie roekeloos en nalatig nie
DUDUZANE ZUMAFoto: Deaan Vivier/Netwerk24  ~ 

DUDUZANE Zuma is Vrydagoggend vrygespreek op klagte van strafbare manslag, nalatige en roekelose bestuur.

Die seun van oud-pres. Jacob uma het in ‘n propvol Randburgse landdroshof verskyn.

Die saak hou verband met die dood van Phumzile Dube, ’n passassier in ’n minibus-taxi, met wie Duduzane in 2014 gebots het.

Landdros Tebogo Thupaatlase sê: “Die staat het versuim om te bewys dat Duduzane nalatig en roekeloos op die dag was, toe hy met sy Porché teen die taxi vasgery het.

Thupaatlase het bevind daar is geen bewyse dat Duduzane nie redelik opgetree op die dag van die ongeluk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters