6 dae gelede
Zuma vry om begrafnis by te woon
Former president Jacob Zuma
Jacob Zuma.  ~ Gallo Images

OUDPRES. Jacob Zuma sal vandag sy broer Michael se begrafnis kan bywoon.

Die voormalige staatshoof het vroeër die week aansoek gedoen om verlof om sy jonger broer se begrafnis by te woon.

In 'n verklaring Donderdagoggend sê die departement van justisie en korrektiewe dienste dat die toestemming vir 22 Julie toegestaan word.

Volgens die departement: "Bly 'n gevangene 'n oortreder wie gevonnis is. Dit ten spyte van die toestemming om die korrektiewe sentrum te verlaat.

"Selfs terwyl die persoon tydelik buite is, is die persoon 'n gevangene."

Verder word ook verduidelik dat gevangenes nie die tronkuniform hoe te dra wanneer hulle buite 'n korrektiewe instelling is nie.

Daar word ook genoem dat Zuma op 'n korttermyn tronkstraf en 'n lae-risiko is.

Zuma dien tans 15 maande tronkstraf uit vir minagtig, nadat die konstitusionele hof hom skuldig bevind het oor hy weier om voor die staatskapingkommissie te verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters