6 dae gelede
Zuma vra 'family-leave'
Jacob Zuma  ~ VERSKAF

OUDPRES. Jacob Zuma het aansoek gedoen om sy broer Michael se begrafnis Donderdag by te woon.

Die departement van korrektiewe dienste het aan EWN bevestig dat daar vir deernisverlof aansoek gedoen is.

Zuma se jonger broer is vroeër vandeesmaand na 'n lang siekbed oorlede.

Volgens Singabakho Nxumalo, 'n woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste, sal die kwessie ingevolge die wet op korrektiewe dienste behartig word.

Met deernisverlof word 'n inmate tydelik vrygelaat, om die begrafnis van familielede by te woon.

Dit is nie duidelik hoe lank Zuma vrygelaat sal word, sou die aansoek goedgekeur word nie.

Die voormalige staatshoof dien tans 'n 15 maande tronkstraf in die Estcourt Korrektiewe sentrum uit. Dit nadat die konstitusionele hof hom aan minagtig skuldig bevind het, oor hy weier om voor die kommissie na staatskaping wil verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters