11 dae gelede
Zuma verloor wéér in hof
Former president Jacob Zuma.
Oudpres. Jacob Zuma  ~ Argief

OUDPRES. Jacob Zuma het Donderdag weer 'n bloutjie in die hof geloop. 

Sy aansoek vir lof tot appèl teen 'n bevinding, dat hy die voormalige minister van toerisme, Derek Hanekom, verskoning moet vra omdat hy hom in 'n twiet 'n vyand van die staat genoem het, het misluk.

Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg het Zuma in September beveel om die twiet te delete, Hanekom om verskoning te vra en skadevergoeding aan hom te betaal. 

Zuma se twiet het gekom nadat dit aan die lig gekom het dat Hanekom met die EFF vergader het om 'n mosie van wantroue in Zuma te bespreek.

Regter Dhaya Pillay het in haar uitspraak gesê daar is geen redelike vooruitsigte dat 'n appèl in 'n ander hof gaan slaag nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters