6 dae gelede
Zuma, Tony baie close
Duduzane ZumaFoto: netwerk24  ~ 

DUDUZANE Zuma het gister voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig en gesê hy en Rajesh “Tony” Gupta is is dik pelle.

Oor die Gupta-familie het Zuma gesê Tony Gupta is ’n sakevennoot en ’n baie goeie vriend van hom.

“Ek het elke dag lank saam met hom deurgebring,” aldus Zuma.

Hy het ook getuig hy het Johan Booysen, die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, ’n paar keer ontmoet.

Volgens hom het hy Booysen ook aan die Guptas voorgestel nadat Booysen hom oor dié familie uitgevra het.

Aangedring

Zuma het ontken hy het met Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale hulpbronne, vergader.

Volgens hom ken hy Ramatlhodi net van sien. Ramatlhodi het vroeër getuig Zuma het in 2014 aangedring op ’n meeting met hom.

Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het vroeër getuig Zuma het hom aan die Guptas voorgestel en dat hy R600 miljoen en ’n pos as minister aangebied is.

Zuma het dít ook ontken, maar sê hy het ’n meeting tussen Jonas­ en die sakeman Fana Hlongwana by die Gupta-huis gereël. – EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters