16 dae gelede
Zuma te siek vir Zondo-kommissie
Former president Jacob Zuma.
Oudpres. Jacob Zuma  ~ Argief

OUDPRES. Jacob Zuma gaan nie meer volgende week voor die kommissie na staatskaping getuig nie.

Die kommissie het in 'n verklaring gesê hulle is deur Zuma se regsverteenwoordigers ingelig dat hy siek is en nie meer van 11 tot 15 November gaan getuig nie.

Zuma het in Julie die eerste keer voor die kommissie, onder Raymond Zondo, verskyn en het allerhande bewerings gemaak.

Hy het onder meer gesê die voormalige minister van openbare dienste en administrasie Ngoako Ramatlhodi was 'n spioen vir die apartheidregering.

Die kommissie het ook gesê dat Lord Peter Hain op 18 November voor die kommissie gaan getuig.

"Lord Hain het aangebied om voor die kommissie te getuig," lui die verklaring.

Hain wat in Suid-Afrika gebore is, is 'n voormalige kabinetminster van Brittanje. - News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters