Verlede maand
Zuma te siek vir kommissie
Former president Jacob Zuma.
Oudpres. Jacob Zuma  ~ Argief

OUDPRES. Jacob Zuma is siek en sal nie later vandeesmaand voor die kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn nie.

Zuma het Dinsdag by monde van sy regsverteenwoordigers gesê hy gaan tussen 27 en 31 Januarie oorsee wees om mediese behandeling te ontvang.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het die verduideliking aanvaar, maar sy reg voorbehou om 'n latere datum vas te stel wanneer Zuma moet verskyn.

Zuma het aangebied om vir Zondo toegang tot sy mediese rekords te gee, maar die voorsitter was nie gemaklik daarmee nie.

Zondo sê hy is ongemaklik om inligting oor enigeen se siekte te sien.

Thabani Masuku, Zuma se regsverteenwoordiger, het vroeër uitgevaar teenoor die kommissie wat Zuma wou dagvaar om te verskyn.

"Ons neem aanstoot dat die kommissie dit goed ag om aan te dring dat die voormalige president hierheen kom, ongeag die feit dat hulle oor sy mediese kondisie ingelig is. Dit is net ongelooflik." - SowetanLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters