17 dae gelede
#KYK Zuma onder rouklaers by Gavin Watson begrafnis
jacob zuma,gavin watson
Oud-pres. Jacob Zuma was onder die rouklaers by die begranis van Gavin Watson.  ~ Kathryn Kimberley

Oud-Pres. Jacob Zuma was Dinsdag onder die rouklaers by die begrafnis van Gavin Watson.

Die voormalige staatshoof was ook een van die sprekers wat hul laaste eers betuig het aan die uitvoerende hoof van die omstrede AfricanGlobal Operations, voorheen bekend as Bosasa.

Zuma het onder meer gepraat oor oor Watson se menswees en gesindheid en die Watson-familie se bydra met die veroordeling van apartheid.

Hy het ook gepraat van hoe Watson hom genooi het in die tyd wat Zuma president was, en hoe aangenaam hul ontmoeting was.

Zuma het genoem hy was verbaas en beindruk oor hoe Watson met hom (Zuma) oor gekompliseerde dinge in Xhosa kon praat oor.

Zuma het bygevoeg hoe hy en Watson vir jare saamgewerk het en hoe die Watson's vir hom soos broers is. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters