Verlede maand
Zuma maak U-turn oor kommissie
Former president Jacob Zuma.
Jacob Zuma  ~ 

DIE voormalige president Jacob Zuma gaan wel weer voor die kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Dit kom nadat hy Vrydag by monde van sy regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, gesê het, hy gaan onttrek.

Sikhakhane het Vrydag gesê Zuma is van die begin af soos 'n beskuldige behandel.

"Ons is hier vandag om vir jou (adjunkhoofregter Raymond Zondo) te sê ons gaan nie verder deel neem aan verrigtinge nie," het Sikhakhane gesê.

"Ons kliënt het gesit en wag om behandel te word soos jy Mnr. Gordhan en Nhlanhla Nene behandel het."

Hy sê ook hulle het Woensdag 'n brief van die kommissie ontvang wat sê Zuma word geïmpliseer in die getuienis van Angelo Agrizzi, Bosasa se voormalige bestuurshoof.

Die kommissie vra in die brief om met Zuma te vergader oor die bewerings teen hom.

Sikhakhane het dit 'n grap genoem. 

"Die kommissie weet nie wie skuldig is nie. Dit probeer nog uitvind. Getuies moet vertroue in ons regstelsel en regters het."

Zuma het Vrydag met beide regspanne ontmoet, waarna die oudpresident van plan verander het.

Daar moet nog op 'n datum besluit word wanneer hy weer voor die kommissie gaan verskyn. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters