Verlede maand
Zuma kan dalk mang
jacob zumaFoto: city press  ~ 

AS GERUGTE waar is dat Jacob Zuma betrokke is by gesteelde geld van Libië, kan hy op Amerika se sanksielys beland.

Daar is ook ’n moontlikheid dat hy tronkstraf in Suid-Afrika kan uitdien, het ’n regsgeleerde gesê.

Die Sunday Times het die naweek berig die oudpresident het geld gekry van Libië se oudpresident, Muammar Ghaddafi, om by sy huis in Nkandla te hou.

Die geld is later na Eswatini (voorheen Swaziland) gesmokkel om daar weg te steek.

Ernstig

Zuma het intussen die moontlikheid genoem dat hy die koerant kan dagvaar oor die berig. Die bedrag wat genoem word, is R442 miljoen.

David Loxton, CEO van die ondersoekmaatskappy Africa Forensics and Cyber sê die aantygings is ernstig.

Volgens hom was Ghaddafi ook op Amerika se sanksielys.

“As dit waar is, beteken dit dat die vorige president ’n diktator gehelp het.

“Ghaddafi se bates was wêreldwyd bevries. Dis geld wat van die mense van Libië gesteel is,” het Loxton gesê.

Zuma sal dus nie na Amerika kan gaan nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters