Verlede maand
Zuma dreig weer
Jacob Zuma  ~ liesl peyer, fin24

DIE voormalige president Jacob Zuma sê daar was al verskeie pogings om hom op sy presidensiële straler, Inkwazi, uit te haal.

Zuma het Vrydag aan sy ondersteuners gesê daar was ook verskeie pogings om hom vroeg in 2019 te vergiftig asook om hom in 'n stadion in KwaZulu-Natal te vermoor. 

Volgens Zuma het sy vyande toestelle op Inkwazi geplant om hom dood te maak.

"Op die vliegtuig wat ek gebruik het is baie dinge gevind wat ontslae van my moes raaak. Nie net een nie. Baie. Ek sal daardie items op die regte tyd vir julle gee."

Zuma wou toe ook weet wie Chris Hani uitverkoop het.

Volgens hom moet die ANC homself vra wie vir Chris Hani aan die "boere" uitverkoop het.

"Wie het Chris Hani uitverkoop. Daai vraag sal miskien een dag beantwoord word."

Zuma het gewaarsku dat daar twee keer gedink moet word voor daar teen hom uitgepraat word. Hy het gedreig om geheime te verklap van mense wat dit doen.

"Sommige sê dié ou man is kwaad. Ek is nie kwaad nie. Ek se net mense moet baie versigtig wees. As ek sê ek gaan dinge oor hulle vertel wat hulle dink ek nie van weet nie, bedoel ek dit. Dis hoekom ek vra. Wie het inligting verklap oor comrade Chris Hani se huis?" - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters