5 maande gelede
#KYK: Zuma begin Dag 2 met bombshell
Former president Jacob Zuma.
Former president Jacob Zuma.  ~ 

OUD.PRES. Jacob Zuma het vanoggend se verrigtinge by die staatskaping-kommissie met ’n bombshell begin toe hy sê sy lewe is gedreig.

Zuma sê aan die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, op die tweede dag van sy getuienis sy persoonlike assistent het gisteraand ’n oproep ontvang.

Volgens Zuma die oproep is tussen 19:00 en 20:00 ontvang.

Hy sê: “My persoonlike assistent op die ANC kant het ’n oproep gekry van ’n onbekende persoon.

“Die persoon het gesê sy moet Zuma sê ons gaan hom doodmaak en sy kinders en sommige mense rondom hom.

“Sy (die PA) het my vanoggend daarvan ingelig...My senior advokaat (Muzi Sikhakhane) se lewe is ook gedreig. Baie ernstige bedreigings is aan hom gemaak.

“Ons het hierdie bedreigings ’n rekkie gelede ontvang. Sowat twee weke gelede.”

Zondo het gesê die kommissie se regspan en ondersoekspan sal na hierdie ernstige bedreigings kyk.

Die bewys leier, adv. Paul Pretorius, sê op sy beurt hulle neem die bedreigings ernstig op en sal dit ondersoek.

Zuma duur voort met sy getuienis.

Hy reageer vandag op die voormalige regeringswoordvoerder, Themba Maseko, se vorige getuienis waarin hy vir Zuma impliseer het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters