5 maande gelede
Zondo vra 2 jaar tronkstraf vir Zuma
Jacob Zuma  ~ Argief

DIE kommissie van ondersoek na staatskaping het die konstitusionele hof gevra om 'n vonnis van twee jaar tronkstraf aan oudpres. Jacob Zuma op te lê.

Dit omdat Zuma 'n bevel van die hoogste hof geminag het en nie tussen 15 en 19 Februarie voor die kommissie verskyn het nie.

Die kommissie het Maandag in sy dringende aansoek ook gevra dat die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, beveel moet word om al die nodige stappe te neem om uitvoering te gee aan die bevel dat Zuma tot twee jaar tronkstraf gevonnis moet word vir minagting van die hof.

Zuma het voorheen gesê hy sal eerder tronk toe gaan as om weer voor die kommissie se voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, te verskyn.

Intussen is Zuma se korrupsieverhoor uiteindelik gereed om te begin. Die verhoor begin op 17 Mei. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters