9 dae gelede
Zondo sê Woensdag oor Zuma se aansoek
Zondo
Adjunkhoofregter Raymond Zondo  ~ News24

ADJUNKHOOFREGTER Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, gaan Woensdag uitspraak lewer op oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat hy hom moet onttrek.

Zondo het Dinsdag gesê hy werk steeds aan die uitspraak en dat hy taamlik baie dokumentasie het hom deur te gaan.

Adv. Muzi Sikhakhane, Zuma se lawyer, het Maandag aangevoer die kommisie het by 'n narratief ingekoop dat Zuma die land opgemors het. Hy het ook gesê as hul aansoek misluk, dit in die hof hersien sal word. 

Sikhkhane het dit ook duidelik gemaak dat as Zuma gedwing word om voor die kommissie te verskyn, hy sy swygreg sal uitoefen.

Adv. Paul Pretorius SC, die getuienisleier, het gesê Zondo se onttrekking sal die kommissie in duie laat stort. Pretorius het gesê daar is geen aanduiding dat Zondo bevooroordeeld teenoor Zuma is nie en dat Zondo verplig is om alles in sy vermoë te doen om Zuma voor die kommissie te kry.

Volgens Pretorius het Zuma sover nie sy samewerking gegee nie.

Zondo het Maandag 'n verklaring voorgelees waarin hy erken hy ken Zuma sedert die 1990's en was nogaltyd vriendelik met hom, maar dat hulle nooit vriende was nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters