7 dae gelede
Zondo gaan nie onttrek
Adjunkhoofregter Raymond Zondo.  ~ Argief

ADJUNKHOOFREGTER Raymond Zondo het oudpres. Jacob Zuma se ontrekkingsaansoek verwerp.

Zondo het Donderdag in sy bevinding gesê daar is geen meriete in Zuma se argument dat die kommissie van ondersoek na staatskaping getuies geroep het met die doel om 'n narratief te dryf dat die oudpresident skuldig is nie.

Zondo het ook weer beklemtoon dat hy en Zuma nie vriende is nie. Volgens hom is die verhouding tussen hom en Zuma nie van so 'n aard dat hy nie sy getuienis kan aanhoor nie.

"Dit is ook nie gronde vir my om te onttrek nie," het Zondo gesê.

Hy was ook van mening dat Zuma nie toegelaat kan word om die kwessie van "hul verhouding" drie jaar na sy aanstelling as kommissievoorsitter op te bring nie.

Adv. Muzi Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, sê hulle gaan Zondo se bevinding hersien en het gevra om verskoon te word om die uitspraak te oorweeg.

Sikhakhane het ook verder gesê hy het opdrag gekry om 'n klag by die Judicial Service Commission teen Zondo te lê.

Die kommissie het tot Maandag verdaag. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters