7 dae gelede
'Zille moet rekenskap gee'
Helen Zille en John net ná sy verkiesing. Hulle sa
Helen Zille en John Steenhuisen.  ~ Gallo Images/Veli Nhlapo

JOHN Steenhuisen, die DA se tussentydse leier, sê Helen Zille moet aanspreeklik gehou word vir haar twiets. 

Steenhuisen het tydens 'n besoek aan die droogtegeteisterde Noord-Kaap aan EWN gesê Zille, voorsitter van die party se federale raad, moet self rekenskap gee.

Zille het laas maand 'n spotprent retweet waarin 'n swart en wit man in 'n gesprek vergelykings tref tussen verkragting en grondonteiening.

Die twiet het mense ontstel, maar Zille sê haar rede vir die retweet was bloot om veralgemenings oor ras uit te lig.

Zille is daarvan beskuldig dat sy die stereotipe voortgesit het dat swart mans seksueel te aktief is en vermeende verkragters is.

EWN berig Steenhuisen glo nie in veralgemenings en stereotipering nie.

“Ek glo in die eerste plek nie aan rasse-veralgemenings aan enige kant nie. Ek dink nie rasse-stereotipering help iemand nie.”

Hy voeg by Zille moet rekenskap gee vir wat sy getwiet het.

“Ek glo dat mense en leiers aanspreeklik gehou moet word vir hul eie Twitter-feeds.”

Steenhuisen het in die verlede nie met Zille saamgestem toe sy getwiet het oor die sogenaamde positiewe aspekte van kolonialisme nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters