5 dae gelede
Zandspruit-halssnoermoorde: 14 borg geweier
Bande is ook om hul nekke gesit, paraffien is oor hulle gegooi en aan die brand gesteek.  ~ ter illustrasie

NEGE van die 14 beskuldigdes in die Zandspruit halssnoermoorde van agt jong mans is borgtog geweier.

Die beskuldigdes het Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Die weiering is uit vrees dat hulle sal vlug of staatsgetuies kan intimideer.

Slegs drie van die beskuldigdes is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat, terwyl twee ander hul borgtog laat vaar het.

Landdros Ruby Mathys sê dat sy borgtog weier omdat die beskuldigde 'n vlugrisiko is, vorige veroordelings het.

"Daar is ook hangende sake teen hulle, hulle is onbetroubaar en lasbriewe was teen hulle uitgereik."

Die 14 was deel van 'n groep van meer as 200 mense wat na bewering tussen 18 en 19 Mei vanjaar nege jong mans uit hul huise ontvoer het.

Die slagoffers is na een van die beskuldigdes se erwe geneem, waar hulle aangerand is. Hulle is later na 'n sokkerveld geneem, waar hulle verder wreed aangerand was.

Bande is ook om hul nekke gesit, voor paraffien oor hulle gegooi is en hulle aan die brand gesteek is.

Vier van die slagoffers het op die toneel gesterf en vier ander het later in die hospitaal gesterf.

Mathys het die verdagtes gewaarsku dat hulle lewenslange gevangenisstraf kan kry, sou hulle skuldig bevind word.

Die saak is tot 27 Oktober uitgestel. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters