4 maande gelede
Worcester outjie wen Maak My Famous
Cheswyn Ruiters - MMF
Cheswyn Ruiters - MMF  ~ Cheswyn Ruiters - MMF

Hy het nie gedink hy sou sover in die kompetisie vorder nie.

Maar Donderdagaand het die titel as eerste wenner van Maak My Famous afgereën op Cheswyn Ruiters.

Die 23-jarige is oorval met ondersteuning en boodskappe van gelukwensing.

Cheswyn sê: "Nou lê die harde werk voor."

Die finale van die eerste seisoen is vir 90 minute regstreeks op kykNET en kykNET & kie uitgesaai. En dit is 90 minute wat die outjie van Worcester nooit gaan vergeet nie. 

Deel van sy prys sluit in 'n jaarlange kontrak van All Star Management, en gaan hy ondermeer saam met Emo Adams toer.

Hy het ook 'n jaarlange bemarkingskontrak van Ian Bredenkamp Media, klere en bykomstighede van The Foschini Group ter waarde van R50 000 en 'n kar ter waarde van R380 000 van Toyota ontvang.

Asof dit nie genoeg is nie ontvang die jongman ook 'n R100 000 kontantprys!

In die week voor die final het die publiek die geleentheid gekry om vir hul gunsteling in die Top 4 te stem en meer as 1,4 miljoen stemme het ingestroom. 

Megan Danner, Cheswyn en Bernice West, het in daardie volg orde na die Top3 deurgedring. 

Soos elke week in die seisoen het Emo 'n paar surprises gehad en die Top 4, wat SA Ensemble insluit, verras deur elkeen 'n jaarlange kontrak van All Star Management te gee.

SA Ensemble het tydens die live finale ook geleentheid gekry om vir die eerste keer die man te ontmoet wie hulle ingeskryf het. Chris van Niekerk het vertel hoe hy 'n video op sosiale media gesien het van die drie en net geweet het hulle moet famous gemaak word.

Die finale van Maak My Famous het gevoel soos die Oprah Winfrey geselsprogram met al die surprises. 

Daar is heelonverwags aangekondig dat elke individu in die Top10 R10 000 kontantprys ontvang, geborg deur Toyota. Die naaswenner, Bernice West, ontvang ook 'n R50 000 kontantprys! 

Met die aankondig het Emo genoem: "Dis net weer 'n bewys dat almal wenners is in die show."

Kykers is ook vermaak deur gaskunstenaars met Karen Zoid, Belinda Davids en Kurt Darren wat die gehoor op hul voete gehad het.

Die verrassings het net nie opgehou nie.

In 'n emosionele oomblik het Emo nog een gehad toe hy aankondig hy neem nie net die wenner op toer nie, maar ook die naaswenner.

En met dit alles gesê was daar vuurwerke en trane van blydskap, in die Roxy Rebue Bar by GrandWest, toe Emo die wenner van die eerste seisoen aankondig.

'n Nederige outjie van Worcester se lewe het handomkeer verander in daardie paar sekondes en niemand sal hom nou vergeet nie. Want hy is famous! 

Top 4 - MMF
Top 4 - MMF
Top 1 - MMF
Top 1 - MMF
Cheswyn Ruiters - MMF
Cheswyn Ruiters - MMF

Lees ook Maandag in jou gunsteling-koerant vir reaksie hierop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters