17 dae gelede
Witness kry 'n Faith-hou
Faith MuthambiFoto: witness media  ~ 

JOHANNESBURG. – Die oudminister van kommunikasie Faith Mu­thambi sê sy oorweeg dit om Phumla Williams hof toe te sleep oor haar “blatante leuens”.

Muthambi sê Wil­liams het Maandag in Johannesburg vir die kommissie oor staatskaping gelieg.

Williams het getuig Muthambi was op ’n mission om van die staatskas te steel.

Muthambi het Williams gister in ’n bitsige verklaring ’n “psigotiese liegbek” genoem.

Manipulerend

Sy beweer Williams het haar ware kleure gewys toe sy onder Mu­thambi as adjunk-direkteur-generaal gewerk het.

Die oudminister sê Williams se getuienis is “emosioneel manipulerend” en “belaglik.”

Muthambi meen verder dat Williams se bedoeling was niks anders as om die kommissie te mislei nie. News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters