7 maande gelede
Winnie Madikizela-Mandela sterf
Winnie Madikizela-Mandela by haar 80ste-verjaarsdagskonsert.

WINNIE Madikizela-Mandela is Maandagmiddag in die ouderdom van 81 oorlede.

'n Familie-woordvoerder, Victor Dlamini, het die afsterwe van die "Moeder van die Nasie" by die Netcare Milpark-hospitaal bevestig.

Volgens Dlamini is die eksvrou van oudpresident Nelson Mandela dood na 'n lang siekte waarvoor sy die afgelope jaar in-en-uit die hospitaal was.

“Sy het vreedsaam vanmiddag afgesterf, omring deur familie en geliefdes.”

Dlamini sê die Mandela-familie is dankbaar vir die geskenk wat Madikizela-Mandela se lewe was en het almal, wat haar liefgehad het, aangemoedig om haar lewe te vier.

Details rondom 'n roudiens en begrafnis sal later bekend gemaak word.

Winnie en oudpresident Mandela het in 1958 getrou en het twee dogters,Zindziswa en Zenani is uit die huwelik gebore.
Nelson en Winnie is in Maart 1996 geskei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters