DIE departement van arbeid en indiensneming het mense herinner om maatreëls te volg wanneer meeste van hulle volgende week terugkeer werk toe.
Musa Zondi, woordvoerder van die departement, sê ondernemings moet 'n duidelike plan hê oor hoe
hulle almal in die werksplek gaan beskerm.
Zondi sê 'n
nakomingsbeampte is ook nodig om toe te sien mense volg die nodige protokols. Hy sê om van die
huis af te werk is ook 'n goeie manier om die veiligheid van almal te
verseker.
Hy voeg by dat hulle 'n aantal
aanwysings uitgereik het oor wat maatskappye moet doen, maar hulle moet ook 'n
stap verder gaan vir die veiligheid van hul werkers.
“Dit is van kardinale belang
vir maatskappye om ook te verseker hulle stel nie kontrakteurs en verskaffers
aan Covid-19 bloot nie, ” se Zondi.
Werknemers word ook aangemoedig
om hulself te beskerm. – Jacaranda FM