Verlede maand
Werker val 14 vloere na sy dood
'n Werker het vanaf die 14de vloer van die hoofgebou van Stad Johannesburg na sy dood geval.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

'N WERKER van die Johannesburgse stadsraad is dood nadat hy van die 14de vloer van die munisipaliteit se hoofgebou geval het.

Die voorval het volgens Nthatisi Modingoane, woordvoerder vir Stad Johannesburg, net na 12:00 gebeur.

'n Werknemer, wat anoniem wil bly, het aan The Citizen gesê dit is nog onbekend of die man per ongeluk geval of selfmoord gepleeg het.

"Die bewerings in die kantoor is dat die man in gemeenskapsontwikkeling gewerk en selfmoord gepleeg het," het die werknemer bygevoeg.

Modingoane wou nie die geslag van die werker bekendmaak voordat die familie in kennis gestel is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters