Verlede maand
Werk vir duisende nurses in Vrystaat
Montseng Tsiu. Photo supplied
Montseng Tsiu  ~ foto verskaf

MEER as 1 700 verpleegsters sal na verwagting teen volgende jaar in Maart by verskeie hospitale in die Vrystaat aangestel word.

Meer as 200 nurses is reeds deur die Vrystaatse departement van gesondheid aangestel.

Montseng Tsiu, die LUR van gesonheid, het die nuus Woensdag tydens sy begrotingsrede in die provinsiale wetgewer  bekendgemaak.

Sy sê 145 dokters is sover by verskillende mediese fasiliteite in die provinsie se vyf distrikte aangestel.

Tsiu sê die sowat 1 500 oorblywende verpleegsters sal gedurende die volgende begrotingsjaar aangestel word.

Die nasionale departement van gesondheid, in samewerking met die presidensie en nasionale tesourie, het fondse toegeken aan menslike hulpbronne, beddens, matrasse en linne om kwaliteit gesondheidsorg te voorsien.

Gedurende die pronvinsiale rede in Februarie het die premier Sisi Ntombela aangekondig dat die provinsie 457 dokters gaan aanstel.

Tsiu het ook bekendgemaak dat die provinsie altesaam R28 867 miljoen ontvang het waarvan R15,9 miljoen bestee is aan die aanstelling van 157 professionele gesondheidswerkers in verskeie fasiliteite.

Sy sê verder 2 315 gemeenskaps-gesondheidswerkers het as deel van werkskepping met 'n maandelikse toelaag van R3 500 begin werk.

Tsiu sê in die huidige boekjaar het die begroting van die departement met 7,5% toegeneem. - OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters