3 maande gelede
Wenner wil graag ander help
LUCKY: ’n Ou van Polokwane is die nuutste kitsmiljoenêr.  ~ Foto Verskaf

HY HET R51 miljoen met die PowerBall gewen en nou kan hy gaan swot vir ’n maatskap­like werker.

Die 30-jarige man van Polokwane in die Limpopo-provinsie het die PowerBall van Dinsdagaand 2 Maart gewen.

Hy het R30 gespandeer en het self die nommers gekies.

“Ek wou gaan leer vir ’n maatskaplike werker, maar ek het nie geld ná matriek gehad nie. Ek moes gaan werk om my familie kan help.”

Hy sê al is hy nou stinkryk, wil hy steeds gaan studeer.

Volhoubaar

“Net omdat ek geld gewen het, wil ek nie my droom opgee nie. Dit gaan nie net oor my nie. Dit het my altyd gepla om jong kinders in my buurt te sien wat suffer.

“Hul ouers kry grants, maar hulle (die ouers) gebruik dit self. Ek wil hulp in my buurt aanbied wat effektief en volhoubaar is.

“As ek ’n kwalifikasie kan kry in maatskaplike ontwikkeling, kan ek help.”

Tekort

Hy sê hy wil die huis waarin hulle bly, klaar laat bou.

“Ek het ’n paar jaar gelede begin om die huis te bou, maar weens ’n tekort aan geld kon ek dit nie klaarmaak nie.

“My pa is dood voordat die huis klaar is. Ek is net bly my ma sal in haar droomhuis kan bly.”

Ithuba se groephoof, Charmaine Mabuza, het die wenner gelukgewens en gesê dit is altyd lekker om te sien hoe die lotery mense se lewens verander.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters