6 maande gelede
Wenner van R19 m. se geld wag
FORTUIN:’n Gelukkige persoon in Limpopo het ’n klomp geld gewen.  ~ Leon Bonthuys

IEMAND in Thohoyandou in die Limpopo-provinsie is die nuutste Ithuba-miljoenêr.

Die persoon het met Saterdagaand se trekking ’n heerlike R19 334 382,70 gewen.

Die gelukkige wenner het teen gister nog nie na vore gekom om die prysgeld op te eis nie. Die wenner het R30 spandeer en ’n Quick Pick gespeel.

Busi­siwe Msizi, hoof van Ithuba se korporatiewe sake, sê met so ’n groot bedrag hoop hulle die wenner kontak hulle gou.

“Iemand wat so ’n groot klomp geld wen, kan oorweldig word daardeur. Ons wil die mense help om dit te verwerk.”

Intussen beloop vanaand se PowerBall R100 miljoen en die PowerBall Plus R50 miljoen.

Saterdagaand se Lotto is R6 miljoen, Lotto Plus 1 is R11,8 miljoen en Lotto Plus 2 R5,4 miljoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters