2 dae gelede
Wen groot, selfs met bank-apps
Skatryk: Iemand het ’n allemintige R86 miljoen gewen.  ~ FOTO VERSKAF

DIE wenner van verlede maand se asemrowende Power­Ball jackpot het na vore gekom.

Die wengeld was ’n hele R86 547 728,32 en dis in die draw op Woensdag 17 September gewen.

Dit lyk asof meer mense op hul banking apps speel. Die wenner het op sy of haar Absa-app ’n Quick Pick gespeel en R75 betaal.

Die wenner het in ’n kort gesprek met Ithuba gesê dit sou nie sonder God moontlik gewees het nie.

Geluk

Ithuba se CEO, Charmaine Mabuza, het die wenner gelukgewens en gesê spelers kan enige tyd en van enige plek af speel danksy hul vennootskap met die banke.

Vanaand se PowerBall wat gewen kan word, is ’n geraamde R37 miljoen en die PowerBall Plus staan op R20 miljoen.

Môre se Lotto is ’n geraamde R16 miljoen, Lotto Plus 1 R22 miljoen en Lotto Plus 2 R6 miljoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters